FAQ

Ek het die bladmusiek gekoop en afgelaai. Wat mag ek en wat mag ek nie nou daarmee doen nie?

Jy besit nou ’n wettige kopie van die musiek en mag dit kopieer vir gebruik deur jou koor. Jy mag nie die bladmusiek publiseer in enige ander formaat nie en mag dit nie verkoop nie.

Moet ek betaal wanneer my koor die musiek uitvoer?

Die toepaslike wetgewing rakende die kopiereg en uitvoerregte geld. Die koor mag die werk uitvoer sonder enige om enige verdere tantièmes te betaal, mits daar op geen manier deur enige persoon of instansie finansiële kompensasie is vir die uitvoering van die musiek nie.  Indien kaartjies vir die uitvoering verkoop word, moet SAMRO in kennis gestel word en sal normale tantième gelde betaal moet word.

Mag ek die musiek deur my koor laat opneem? (Dit sluit CD/MP3 en video-opnames in)

Die toepaslike wetgewing rakende die kopiereg en digitale produksieregte geld. Die koor mag die werk opneem sonder enige om enige verdere tantièmes te betaal, mits daar op geen manier deur enige persoon of instansie finansiële kompensasie uit die verkoop van die musiek gemaak word nie.  Indien CD’s of MP3’s verkoop word, moet SAMRO/CAPASSO in kennis gestel word en sal normale tantième gelde betaal moet word.

Ek het eie komposisies en verwerkings. Kan ek die bladmusiek op singkopasie.co.za verkoop?

Ja. www.singkopasie.co.za bevorder alle koormusiek van alle Suid-Afrikaanse musici.  Jy kan enige musiek in enige taal vir enige koor-formaat beskikbaarstel.  Kontak ons by info@singkopasie.co.za vir die terme en voorwaardes.

Kan ek my koor se opnames ook op singkopasie.co.za verkoop?

Ja, jy kan jou koormusiek in MP3-formaat via ons webtuiste verkoop!

Jy kan selfs jou koor se fisiese CD-album aan BMH beskikbaar stel, sodat dit beskikbaar is in ons e-winkel vir aankope en aflewering per koerier.

Kontak ons by info@singkopasie.co.za vir die terme en voorwaardes.

  Waarna verwys die akronieme SATB, TTBB, SSAA, SAB?

  • SATB = ’n koorwerk vir ’n gemengde koor met sopraan, alt, tenoor en bas
  • SAB = ’n koorwerk vir ’n gemengde koor met sopraan, alt en bas
  • TTBB = ’n koorwerk vir ’n mannekoor met tenoor 1, tenoor 2, bariton en bas
  • SSAA = ’n koorwerk vir ’n dameskoor of kinderkoor met sopraan 1 en 2 en alt 1 en 2